Bestanddele:
5 e gouestroop
200 g strooisuiker
2 t koeksoda
gesmelte sjokolade
Metode:
Voer ’n koekpan van 20 cm met bakpapier uit. Meng die suiker en gouestroop saam in ’n kastrol op lae hitte. Wanneer die suikermengsel gesmelt is, voeg die koeksoda by. Roer die mengsel tot dit goudbruin is.
Verwyder dan die mengsel van die hitte en gooi dit in die koekpan en los dit om af te koel. Breek die crunchies in blokke en doop dit in die gesmelte sjokolade.



