SUID-AFRIKA – SA Express, ’n staatsbeheerde lugredery, is glo voorlopig gelikwideer nadat sy praktisyns ’n dringende hofaansoek ingedien het, het ‘n bron aan Fin24 bevestig.
Dit volg nadat praktisyns die aansoek op 25 Maart na die hooggeregshof in Pretoria gebring het.
SA Express is verlede maand weens finansiële druk oor jare se wanbestuur en staatskaping onder besigheidsredding geplaas, lui die berig.
Die aansoek om onder besigheidsredding te gaan, is deur ZieglerSA, ’n diensverskaffer, aan die lugdiens voorgestel.Volgens Fin24 beweer die praktisyns dat die regering doelbewus finansiële steun vir die bedrag van R350 miljoen van die departement van openbare ondernemings weerhou het.



