Covid-19: Nuutste syfers, 28 April

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is pas deur dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, bekendgemaak.

Daar is nou ’n totaal van 4 996 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika. Daar is dus ná gister se aankondiging 203 nuwe gevalle bevestig.

Daar is volgens die minister in totaal 93 sterftes weens Covid-19 in SA bevestig en altesaam 2 073 persone is al van dié virus genees.

Die minister sê verder die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 185 497 toetse vir Covid-19 doen.

Foto: Die Noord-Kaap se koronagevalle soos op 28 April deur dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, aangekondig.
Foto: Die Noord-Kaap se koronagevalle soos op 28 April deur dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, aangekondig.