Covid-19: Nuutste syfers, 27 April

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuutste aantal gevalle van die koronavirus in Suid-Afrika is pas deur dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, bekendgemaak.

Daar is nou ’n totaal van 4 793 Covid-19-gevalle. Daar is dus ná gister se aankondiging 247 nuwe gevalle bevestig.

Daar is volgens die minister in totaal 90 sterftes weens Covid-19 in SA bevestig en altesaam 1 473 persone is al van dié virus genees.

Die minister sê verder die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 178 470 toetse vir Covid-19 doen.

Van die 17 gevalle wat in die Noord-Kaap aangemeld is, is 11 in die Frances Baard-distrik, 3 in die Namakwa-distrik, 1 in die Pixley ka Seme-distrik en 2 in die ZF Mqcawu-distrik. Geen gevalle is in die JTG-distrik bevestig nie.