Covid-19: Nuutste syfers, 26 April

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuutste aantal gevalle van die koronavirus in Suid-Afrika is pas deur die minister van gesondheid bekendgemaak.

Daar is nou ‘n totaal van 4 546 Covid-19-gevalle. Daar is dus ná gister se aankondiging 185 nuwe gevalle bevestig.

Daar is in totaal 87 sterftes weens Covid-19 bevestig en altesaam 1 473 persone is al van dié virus genees.

Die minister sê gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 168 643 toetse vir Covid-19 doen.