Die klein paddatjie, bekend as die gifpylpadda, is een van die wêreld se kleinste, maar giftigste gediertetjies.
Dié helderkleurige padda kan betowerend lyk, maar dit kan genoeg gif lewer om tien mense dood te maak. In die vogtige, tropiese omgewings van Sentraal- en Latyns-Amerika floreer dié padda en skei swart slym van sy rug af, wat eintlik ’n neurotoksien is om te voorkom dat hy deur roofdiere geëet word.
Wetenskaplikes glo die padda se vel is 200 keer giftiger as morfien. Dit veroorsaak verlamming en dood as dit in die bloedstroom beland, selfs in klein hoeveelhede.
Die paddas word ook nie groter as een sentimeter nie.




