Verander jou huis in ’n eetplek vir jou kinders

Deel hierdie storie / Share this story

Die inperking is genoeg om enigiemand mal te maak. Kinders verstaan nie altyd hoekom ons nie ons huise mag verlaat nie en raak baie verveeld by die huis.

As jy ’n idee soek hoe om jou kinders besig te hou en hulle aandag bietjie af te lei, hoekom nie jou kinders bederf met ’n vyfsterete by ’n eetplek nie? In jou eie huis!

Hier is ’n paar idees om ’n jou kinders met ’n ete te bederf:

  • Laat jou kinders mooi aantrek.
  • Laat hulle buite wag en verwelkom hulle binne soos by ’n eetplek.
  • Dek die tafel soos by ’n eetplek met plekmatjies, sout, peper, sous, ensovoorts .
  • Neem hulle na die tafel toe.
  • Neem hulle drankiebestelling.
  • Gee vir hulle ’n spyskaart.
  • Berei hulle gunstelingete voor.
  • Berei nagereg.
  • Geen na die ete vir hulle elkeen ’n peperment en ’n tandestokkie.
  • Moet glad nie laat hulle help opruim na die tyd nie!