Die department van samewerkende regering en tradisionele sake het gister bekendgemaak die verkope van enige gaar, warm kosse gedurende die inperking word nie meer toegelaat nie.
In die staatskoerant word dit duidelik gemaak deur dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van dié department, die verkope van enige kosvoorraad, insluitend nie-alkoholiese drankies, word toegelaat, maar nié die verkoop van warm, gaar kos nie.
Kosse soos hierdie sluit in pasteie, gaar hoender en slaptjips.
Woolworths is een van die supermarkte wat gister bevestig het hulle warmkosafdeling sal nie meer gedurende die inperking vir verbruikers beskikbaar wees nie.







