Nuutste Covid-19-syfers

Deel hierdie storie / Share this story

Die totale aantal positiewe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika staan op 20 April op 3 300. Die nasionale instituut vir oordraagbare siektes sê daar is vandag nog vier sterftes weens die virus in SA aangemeld, wat die sterftesyfer 58 maak.

Daar is tot dusver 1 055 persone in SA van die virus genees.

“Bly by die huis tensy dit regtig nodig is om die huis te verlaat,” sê die instituut op hulle Twitter-profiel.