Kinders in winkels tydens inperking

KIMBERLEY – Almal is wel bewus van die reëls tydens inperking.  Steeds wriemel alle winkelsentrums van paartjies en hulle kinders.  

“Wat die skokkendste is, is dat ouers wel maskers aan het, maar kinders nie,” sê ’n inwoner van Kimberley.

“Enkel ouers wat geen ander keuse het as om hulle kinders saam te bring, is te verstane, maar gesinne gaan saam na winkelsentrums.”

Mense hou ook nie voorgeskrewe afstand van een meter nie en staan op mekaar by betaalpunte.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *