Die nasionale instituut vir oordraagbare siektes het gister 16 April aangekondig die aantal persone met Covid-19 in Suid-Afrika is 2 605. Daar was tot op hede 48 sterftes weens dié virus.
Die Noord-Kaap se koronasyfer is steeds 16.
Daar is 969 gevalle in Gauteng, 675 in die Wes-Kaao, 539 in KwaZulu-Natal, 220 in die Oos-Kaap, 98 in die Vrystaat, 26 in Limpopo, 24 in die Noord-Wes, 22 in Mpumalanga en 16 gevalle se provinsies bly onbekend.
Volgens die minister van gesondheid is daar al 95 060 toetse vir die virus in die land gedoen.




