DURBAN – Tiger Brands, die voedselvervaardiging-maatskappy, het sy bakkery in Durban tydelik gesluit nadat personeel positief vir die koronavirus getoets het.
Tiger Brands het ’n persverklaring uitgereik en sê die bakkery word as ’n voorsorgmaatreël tydelik gesluit en dat hulle met die gesondheidsdepartement en die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (Nios) kontak gemaak het.
Dit is in hierdie stadium onduidelik hoeveel van sy werknemers positief getoets het of hoe hulle die virus opgedoen het.
Die maatskappy sê hulle het alternatiewe reëlings getref om sy Durbanse kliënte vanaf ’n ander fasiliteit te voorsien.
Ensuring the health and safety of our bakery employees is a priority at a time like this. We understand and appreciate the risk our bakeries and drivers face in providing bread to families during this crisis.
— Love Albany Bread (@LoveAlbanyBread) April 15, 2020



