Alkoholverbod: Wag tot Vrydag, sê president Ramaphosa

Deel hierdie storie / Share this story

Die Gautengse Drankforum dreig om vir president Cyril Ramaphosa hof toe te sleep ná hy die verkoop van alkohol gedurende die inperking verbied het. Die forum het ’n versoek aan die regering gerig om die verkope van alkohol gedurende die inperking wettig te maak.

Die verlenging van die inperking tot 30 April sal volgens die forum hulle kliënte, glo die eienaars van meer as 20 000 drankwinkels, se ondergang beteken. Die forum sê dié besigheidseienaars het geen ander inkomste om hulle deur die inperking te dra nie.

Die president sal na verwagting Vrydag 17 April ’n antwoord op die forum se versoek hê.