Die Krugerwildtuin doen twee wildritte per dag tydens die nasionale inperking. Jy en jou familie kan daagliks die wildritte regstreeks op YouTube kyk.
Die eerste wildrit begin daagliks om 05:30 – 08:30.
Die tweede wildrit neem plaas om 15:30 – 18:30.
Veldwagters het onlangs ’n hiëna wat 3-4 dae oue kleintjies het, ontdek. Daar word met elke wildrit na die kleintjies gaan loer.
Kyk hier:
Klik op hierdie skakel om na vorige wildritte te kyk: https://m.youtube.com/channel/UCV6HJBZD_hZcIX9JVJ3dCXQ/videos



