Massiewe water- en rioolprobleme in Beaconsfield

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Beaconsfield loop deur onder die water- en rioolprobleme.

Ockie Fourie, DA-raadslid, sê daar is tans vyf waterlekke, spesifiek vanuit Sentraalweg. Die water stroom in strate af, wat groot probleme veroorsaak.

“Verder spuit hier riool uit ‘n mangat. Die probleem is al drie dae terug aangemeld.”

Fourie sê die gevolge van die probleme is verrykend.

Die volgende foto’s is van die rioolprobleem by Bartle Place nommer 1 & 10 en Vredeplek nommer 1 en 2. “Tot die mense se erwe is oorspoel en dit veroorsaak ‘n geweldige probleem,” sê Fourie.

Die volgende foto’s is van die water wat van Sentraalweg af kom.

“Dit veroorsaak die probleme. Dit gaan deur na Nelsonweg, Devenish, Herculesstraat. Daarna word dit weggevoer na Vredeplek, na onder die treinspoor, waar dit onderdeur die treinspoor gaan. Dit eindig dan op aan die oorkant van die pad, waar dit Diamondpark en Greenpoint toe gaan.”

Die waterlekke hieronder is by Sentraalweg nr. 70, 93, 105, asook op die hoek van Carrington en Sentraalweg en by party plekke is daar meer as een lekkasie. “Die pyp is op verskeie plekke gebars naby een adres. Al die water vloei dan in Sentraalweg af. Dit is regtig ‘n groot gemors. Dit lyk soos ‘n geweldige klomp slaggate. Dit is opgespoel met sand. Die karre hop eintlik bo-oor dit.”