Covid-19 opsporing kom na alle Android-slimfone

Deel hierdie storie / Share this story

INTERNASIONAAL – Google en Apple werk saam om tegnologie te bewerkstellig om slimfoongebruikers te waarsku wanneer hulle met ander in aanraking kom wat Covid-19 het. 

Volgens The Verge het Google bevestig dat hulle Google Play se infrastruktuur gaan gebruik om Android-fone op te dateer met die komende COVID-19-kontakopsporingstelsel wat hulle in samewerking met Apple bou. 

Dit sal verseker dat meer Android-fone wat Android 6.0 Marshmallow of nuwer die opdaterings kry.

Tot die bekendmaking was dit ’n ope vraag, maar ’n baie belangrike een wat Google moes antwoord, hoe opgraderings gelewer gaan word. Dit omdat Google Play die enigste betroubare platform om opgraderings betyds tot by Android-slimfone te kry.