Covid-19: Noord-Kaap gevalle volgens streek

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP – Alhoewel Kimberliete en ander inwoners van die Noord-Kaap graag wil weet in watter dorp persone positief vir die Covid 19-virus getoets het, word dit as privaat inligting beskou.

Lebogang Majaha, woordvoerder van die departement van gesondheid in die Noord-Kaap, sê die departement kan slegs sê in watter munisipale streek die positiewe gevalle voorkom. “Daar is ‘n stigma aan die virus en ons probeer dit vermy. Mense moet net die inperkingsreëls volg, want dit gaan goed sover.”

Hier is die Noord-Kaap se gevalle in die afsonderlike munisipale distrikte:

Frances Baard: 11 (Sol Plaatje tel hieronder)
Pixley ka Seme: 1
ZF Mgcawu: 1 (Upington tel hieronder)
Namakwa: 3
JTG: 0 (Kuruman val hieronder)

Daar is tot op hede nog geen sterftes in die provinsie nie en vier pasiënte is van die virus genees.