Vermiste man

Deel hierdie storie / Share this story

DELPORTSHOOP. – Die polisie hier doen ‘n beroep op die gemeenskap om te help soek na ‘n vermiste man.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê Petrus Koloje (48) is op 30 Maart op die R31 by die Jan Kempdorp/Schmidsdrift-kruising gesien.

“Koloje ly aan epilepsie. Hy het ‘n blou jean en wit hemp, met swart strepe, aangehad.”

Enigiemand met inligting, kan sers. George Mosime by 060 972 3270 bel.