Terwyl Suid-Afrikaners gevra is om die inperking vir twee weke langer as die aanvanklike 21 dae te verduur, styg die koronasyfer in die land steeds.
Sedert gister se aankondiging is nog 145 persone in Suid-Afrika positief vir Covid-19 getoets. Dus is die virussyfer in die land nou 2 173.
Volgens dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, is daar 865 gevalle in Gauteng, 587 in die Wes-Kaap, 443 in KwaZulu-Natal, 96 in die Vrystaat, 88 in die Oos-Kaap, 23 in Limpopo, 21 in Mpumalanga, 19 in Noord-Wes en 16 in die Noord-Kaap. Die provinsies waar die ander vyftien gevalle aangemeld is, is nog onbekend.
Dr. Mkhize sê ook daar is tot op hede 80 085 toetse vir Covid-19 in SA gedoen.





