Die minister van gesondheid sê dis belangrik om agter te kom waarom soveel pasiënte weens die virus in een hospitaal in KwaZulu-Natal oorlede is. Daar is volgens hom besluit om die hospitaal toe te maak en die saak te ondersoek.

Die nuutste aantal gevalle van Covid-19 is 2 028, sê dr. Zwelini Mkhize.
Die minister het Vrydag 24 sterftes weens die koronavirus aangekondig. Dr. Mkhize sê ‘n 61-jarige man van die Wes-Kaap is intussen ook weens die virus oorlede. Hy het ook aan diabetes, hipertensie en vetsug gely. Daar is dus nou 25 sterftes.
Verder sê hy daar is al 75 053 toetse vir Covid-19 gedoen. “Ek dink ons moet die gesondheidswerkers se harde werk gedurende hierdie tyd waardeer. Baie van hulle is deur die screening-proses en dié wat simptome toon, word getoets.”





