Foto van polisievroue met alkohol ondersoek

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. –  ’n Foto van twee vroulike polisiebeamptes wat in uniform met ’n bottel bier en langs ’n hoop drank die rondte doen, word nou ondersoek.

Brig. Vishnu Naidoo, polisiewoordvoerder, sê die egtheid van die foto word bepaal. “Ons ondersoek die oorsprong van die foto, wie dit is wat op die foto verskyn en waar die foto geneem is. Sulke optrede deur enige polisiebeampte is onaanvaarbaar. Sodra die ondersoek klaar is en die egtheid van die foto bevestig is, sal daar interne stappe teen die lede gedoen word.”

Naidoo het die publiek gevra om na vore te kom met enige inligting oor die foto.

Kontak die polisie by 0860 010 111. Jy kan ook anoniem die polisie van ongeruimdhede inlig, deur die SAPS MySAPS-toep af te laai. Alle inligting word konfidensieel hanteer.