Vroue hou daarvan om goed te lyk. Om in die mode te wees, beteken gewoonlik jou skoene pas by jou rok. Slowaakse president Zuzana Čaputová het mode te midde van die Covid-19-krisis tot nuwe hoogtes geneem.
Čaputová het by meer as een geleentheid die koppe laat draai toe sy ’n gesigsmasker wat by haar uitrusting pas ,gedra het. Sy het die internet op horings geneem toe sy teen haar kollegas in hulle standaard blou maskers uitstaan.
Čaputová het ’n geleentheid in Bratislava in hierdie bypassende uitrusting bygewoon. Wat dink jy van haar maskermode?





