Nuutste Covid-19 syfer in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Ons staan nou op 1 655 korona-gevalle in Suid-Afrika, sê die minister van gesondheid. Daar is sedert die laaste aankondiging nog 70 gevalle bevestig.

“Dit is met hartseer dat ons nog ’n sterfte weens Covid-19 moet bevestig,” sê dr. Zwelini Mkhize in die persverklaring. “Dit bring die sterftesyfer tot by 11.”

Gauteng is die provinsie met die meeste gevalle van Covid-19. Agt gevalle is in die Noord-Kaap. Daar is 77 positiewe gevalle waarvan die provinsie nog onbekend is.