Die departement van gesondheid het op 3 April op sy Twitter-profiel die nuwe korona-syfer bekendgemaak.
Op 3 April is altesaam 1 505 persone in Suid-Afrika met die gevreesde virus gediagnoseer. In die tyd na die laaste aankondiging is nog 43 pasiënte positief vir die virus getoets. Twee sterftes is ook in KwaZulu-Natal aangemeld.
Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, sê op sy Twitter-profiel die oorledenes was ’n 80-jarige man en ’n 81-jarige vrou.
“Ons betoon ons medelye aan die familie en vriende van die oorledenes,” sê dr. Mkhize.
Verder bedank hy ook die gesondheidswerkers vir hul toegewydheid aan hul werk.





