KIMBERLEY – Die polisie in Kimberley het vanmiddag omstreeks 12:05 ’n bus by die padblokkade op die N8 na Bloemfontein afgetrek.
Volgens die regulasies wat in plek gestel is om die verspreiding van Covid-19 te voorkom, is die aantal passasiers wat op busse toegelaat word, 25.
Dié bus het die voorgeskrewe kapasiteit van passasiers oorskry en die busdrywer moes 10 persone laat afklim voor hy verder kon ry. Die passasiers wat moes afklim, was baie ontsteld. Hulle het gesê dis onregverdig en het gesê dis vir hulle te ver om dorp toe te loop.
Hulle het hul op die gras langs die pad gemaklik gemaak en gesê hulle wag vir die bus om hulle te kom haal.





