Die minister van gesondheid het vandag 1 April aangekondig die bevestigde syfer van koronavirus-gevalle in Suid-Afrika is 1 380. Daar is al 44 202 Suid-Afrikaners vir die virus getoets.
Dr. Zwelini Mkhize sê die afname in die aantal nuwe gevalle is as gevolg van grense wat toegemaak is, buitelanders wat in kwarantyn gehou word en inperking.
“Die inperking verhoed enige sosiale byeenkomste. Sosiale byeenkomste en groot groepe wat van publieke vervoer gebruik maak, is hoe die virus die maklikste versprei,” sê dr. Mkhize op sy Twitter-profiel.





