AFRIKA – Jack Ma, medestigter en voormalige uitvoerende hoof van die Alibaba-groep, het ’n besending van mediese toerusting aan verskeie Afrika-lande geskenk.
Volgens berigte is die besending wat vir sentrums vir siektebeheer en voorkoming in Afrika (Africa CDC) bestem is, aan die regering van Ethiopië afgelewer om aan elk van die lidstate te versprei as deel van hul bydrae tot die stryd teen Covid-19 in Afrika.
Die versending bevat oor die 1.5 miljoen laboratoriumdiagnostiese toetsstelle en meer as 100 ton produkte vir die voorkoming en beheer van infeksies.
Hierdie hulpverleningsinisiatief is deur dr. Abiy Ahmed, die eerste minister van Ethiopië, die Jack Ma-stigting en Alibaba-stigting, van stapel gestuur.
Die aksie vorm deel van die implementering van die kontinentale strategie vir Afrika vir Covid-19 onder leiding van die Afrika-unie deur die CDC.




