Dit is die boodskap wat die regering en die departement van landbou aan die mense tydens die inperking wil oordra.
Deur hierdie boodskap doen die regering ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om ’n verskil te maak en deel te neem aan die voedselsekerheid-inisiatief en groentetuine in hulle agterplase te vestig.
Nomandla Bloem, LUR van landbou, sê vandat die president die nasionale inperking bekendgestel het en mense nou voltyds by die huis is, word die gemeenskap versoek om ’n pakkie sade te koop wanneer hulle inkopies gaan doen.
“Diegene wat hierdie week hul toelaes kry, word ook aangemoedig om ’n pakkie sade te koop wanneer hulle hul kruideniersware koop. Die departement ondersteun deurlopend huishouding wat sukkel met kos deur middel van tuin- en pluimvee-pakke wanneer dit nodig is. Al hierdie inisiatiewe sal mense help om hul eie voedsel te kweek, wat sal bydra tot die verligting van armoede en voedselonsekerheid.”



