SABC-joernalis toets positief vir Covid-19

KIMBERLEY – Een van SABC Nuus se joernaliste in Kimberley het positief vir die koronavirus getoets.

Mmoni Seapolelo, woordvoerder van SABC, het bevestig een van die joernaliste by die Noord-Kaapse provinsiale kantoor het wel positief vir die virus getoets.

“Om voorsorg te tref, is die kantore in Kimberley gesluit en sal die res van die personeel ook in kwarantyn geplaas word,” sê Seapolelo.

Volgens Seapolelo is die pasiënt in kwarantyn en word sy toestand gemonitor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: