NOORD-KAAP – Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het gister die media toegespreek om die aksie-plan van die 21 dae inperking bekend te maak. As jy nie seker is wat jy mag en nie mag doen nie, hier is ’n paar wenke.
Moet:
- Bly in jou huis tydens die 21 dae inperking.
- Jy mag in jou eie erf rondbeweeg.
- -Jy mag in jou eie erf braai.
- Jy mag inkopies vir noodsaaklikhede gaan doen.
- Jy mag jou huis verlaat vir mediese hulp in ’n noodgeval.
- Bel die polisie by 10111 om misdaad te rapporteer.
Moenie:
- Moenie gaan stap nie.
- Moenie met jou hond gaan stap nie.
- Moenie gaan draf nie.
- Moenie jou huis verlaat vir enige rede behalwe noodsaaklike inkopies of ’n mediese noodgeval nie.
- Moenie by enigiemand gaan kuier nie.
- Moenie rondry nie.
Lees ook Regulasies vir inperkingsperiode. Lees die volledige dokument hier: https://find-it.co.za/2020/03/27/regulasies-vir-inperkingsperiode/



