NEGATIEF: Oorlede vrou in Lenmed toets negatief

KIMBERLEY – Die vrou wat gister in Lenmed Royal Hospital and Heart Centre in Kimberley oorlede is, het negatief vir Covid-19 getoets.

Die oorledene se eggenoot het self met FiND iT gepraat. Hy wil nie op dié stadium sy naam bekend maak nie, maar sal later met FiND iT ’n volledige onderhoud doen.

Die eggenoot van die vrou sê haar uitslae het hom vanoggend per SMS by hom aangekom. “Sy was negatief. Ons hoef onsself ook nie te laat toets nie.”

FiND iT het vroeër ’n persverklaring vanaf Lenmed geplaas, wat bevestig het ’n vrou is in die hospitaal oorlede. Sy is vir Covid-19 getoets.

Die hospitaal het nog nie na FiND iT teruggekom oor die toetsuitslae nie en beantwoord nie hulle telefone nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: