Covid-19: Gevalle nou 709

Deel hierdie storie / Share this story

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het pas op SABC bekendgemaak daar is 709 korona-gevalle in Suid-Afrika. Gauteng is in die stadium die provinsie met die meeste gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika.

Volgens dr. Mkhize sal die korona-gevalle na verwagting vandag met nog 200 styg. “Die nuwe gevalle wat ons daagliks bekendmaak, is alles uitslae wat voor die vorige aand om 20:00 verkry is. Daarom styg die getalle so drasties,” sê dr. Mkhize.