Wildeklawer, een van die groot besproeiingsboerderye in SA, beskik tans oor ’n pos vir ’n rekeningkundige klerk. Die pos is geleë op ’n plaas 50 km buite Kimberley in die Barkly-Wes-distrik.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir:
- Krediteure in soverre die bestellings, ontvangs en die toepaslike faktureringsproses
- Verantwoordelikheid te aanvaar vir die akkurate boekstawing en verwerking van inligting t.o.v. alle werk gedoen
- Voorraadbestuur
- Deurlopende verslaggewing van voorraad, krediteure, tegniese store
- Help met finansiële verslaggewing van die tegniese store
- Kennis en toepaslike ondervinding van ander finansiële funksies sal voordelig wees
- Algemene kantooradministrasie en ondersteuningsdienste
- Rekonsiliasie van krediteure/voorraad
Vereistes:
- Ten minste graad 12, maar ’n toepaslike tersiêre kwalifikasie sal as sterk aanbeveling dien(o.a. N6)
- Rekeningkundige agtergrond met ten minste twee jaar toepaslike ondervinding
- Goeie vaardigheid in Microsoft Excel is ’n sterk aanbeveling
- Navision ondervinding sal voordelig wees
- Onafhanklik kan funksioneer
- Moet saam in ’n administratiewe span kan werk
Persoonlikheidseienskappe:
- Kandidaat moet goed onder druk kan funksioneer
- Kandidaat moet ’n spanspeler wees
Vergoeding: ’n Mededingende vergoedingspakket, gemeet aan kwalifikasies en ondervinding en gerugsteun deur aantreklike byvoordele.
Stuur CV aan:
e-pos: [email protected]
Navrae: Juandre Brand
Telefoonnommer: 053 531 9725
Sluitingsdatum: 03 April 2020



