Heerlike appeltert – resep

Deel hierdie storie / Share this story

Appeltert is almal se gunsteling. Hier is ’n heerlike resep wat jy moet probeer.

Bestanddele:

  • 1 koppie suiker
  • 3 eetlepels sagte botter
  • 3 eiers
  • 2 – 3 appels
  • 1 koppie meel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • knippie sout
  • ¼ koppie melk

Metode:

  • Room botter en suiker.
  • Klits eiers een vir een by.
  • Sif al die droë bestanddele saam en voeg bietjie vir bietjie meelmengsel en melk om die beurt by die suikermengsel.
  • Voeg appels by en skep in gesmeerde oondbak.
  • Bak by 180°C vir ongeveer 35 minute of tot goudbruin.
  • Haal uit die oond, prik gaatjies oral in die tert en gooi onderstaande stroop oor terwyl die tert nog warm is.

Stroop:

Kook 1 koppie suiker, ½ koppie kookwater en ¼ koppie botter saam tot suiker gesmelt het. Wanneer dit klaar gesmelt het, voeg een teelepel vanielje-of karamelgeursel by.