Prokureurs word binnekort betaal

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Prokureurs wat uitstel van ’n moordsaak weens wanbetaling van lewenskostes gevra het, sal binnekort betaal word. So meen mr. Ntlisane, uitvoerende hoof van Legal-Aid Kimberley.

Ntlisane het vandag in die hof bevestig daar is wel ’n agterstand in betalings weens ’n nuwe sisteem wat geïmplementeer is. Ntlisane sê Legal-Aid ervaar al vanaf Oktober 2019 probleme met hule sisteem en het na ’n nuwe sisteem beweeg. Ntlisane het voortgegaan om te sê betalings word onder normale omstandighede binne dertig dae gedoen.

Die saak waar agt verdagtes van moord aangekla word, is tot 18 Mei uitgestel sodat die wanbetaling reggestel kan word.