Die Suid-Afrikaners wat die naweek van Wuhan in China na Suid-Afrika teruggevlieg is, het almal volgens dr. Zwelini Mkihize, minister van gesondheid, negatief vir Covid-19 getoets. Hulle gaan almal egter steeds vir die vasgestelde tyd onder kwarantyn bly, berig TimesLive.



