September 16, 2021

Maak jou eie roomys – Resep

Maak jou eie roomys - Resep

Maak jou eie roomys - Resep

Ryk, romerig en tuisgemaak. Hier is ‘n resep vir die heerlikste volroom roomys wat jy nog ooit gemaak het met net drie bestanddele.

1 l vars room (yskoud, verkieslik oornag in yskas)
1 blik volroom kondensmelk
1 t vanieljegeursel

Giet jou room in ‘n lekker groot mengbak en voeg vanielje-geursel by. Klop tot styf en verdubbel die volume met jou elektriese klitser op die hoogste spoed. Vou die kondensmelk in en meng dit mooi deur. Skep in 2 l roomyshouer en vries vir ses tot agt ure.

Opsioneel:
Vou opgekapte sjokolade of koekies saam met die kondensmelk in.

Siedaar! Jou eie tuisgemaakte roomys.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *