Sypaadjie steeds stortingsterrein

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Bettie Fourie, inwoner van Robinsonstraat, sê die vullis word steeds op die sypaadjie voor haar huis afgelaai.

“Elke week wanneer ek my sakke moet uitsit vir die vullistrok om dit te kom oplaai, is dit netjies voor my huis. Ek sit my sak voor mý huis neer. Ek gaan gooi dit nie voor iemand anders se huis neer nie.”

Fourie sê sy was gister by die munisipaliteit om ‘n klag te lê. Sy is na die gesondheidsafdeling verwys en beplan om briewe aan die skuldige inwoners te stuur.

Volgens Fourie lê daar dinge soos babadoeke, ou kos en allerhande houers op die hoop oorkant haar huis.

“Die papiere waai by my erf in. Ek gooi gereeld daarvan in my eie drom weg.”