Bikibos Musiekfees môre in Kimberley

Deel hierdie storie / Share this story

Is julle reg vir die Bikibos Musiekfees? Arno Jordaan, Jan Rhaap, Kerry Lee, Heidi, Dirk van der Westhuizen en Juan Boucher op een verhoog!

Daar gaan kosstalletjies, stalletjies propvol kindervermaak en ‘n kontantkroeg wees.

Na al die vertonings, gaan daar in die saal gedans word.

Hekke open om 14:00. Verrigtinge begin om 15:00.

Kom dans saam! Koop jou kaartjies by www.kimberleyevents.co.za.