Vrou laat waai met lokke vir kanker

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Michelle Le Grange (28), inwoner van Kimberley, het dit goedgedink om haar hare af te sny vir CANSA.

Sy sê sy het haar hare vir ongeveer drie jaar laat groei en is glad nie spyt oor haar besluit nie. Sy wou glo lankal haar hare vir kankerpasiënte skenk.

“Dit was vir ‘n goeie doel. Ek kon vir iemand wat as gevolg van chemoterapie nie meer hare het nie, weer hare gee. Lang hare is in elk geval ‘n schlep. My kort hare is nou so maklik om te hanteer. Ek hoef ook nie meer die hele tyd koeke uit my hare te kam nie.”

Le Grange sê sy sal dit enige tyd weer doen en moedig almal wat lus is vir ‘n verandering aan om dieselfde ding te doen.