Eenjarige sterk aan na amper-verdrinking by kleuterskool

Deel hierdie storie / Share this story

SALDANHA, WESKUS – JD Lange (1) het byna op sy eerste dag by ’n dagmoeder verdrink.

JD word in die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad behandel. Hy is na die voorval in ’n mediese koma geplaas. 

’n Familielid van die seuntjie het op hul persoonlike Facebook-blad geplaas hoe JD nou stelselmatig uit sy mediese koma wakker gemaak word. Sy morfieninname word by die dag verminder.

Bron en fotot: Maroela Media