Sol vul slaggat, pad weer rybaar

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Sol Plaatje-munisipaliteit het vanoggend die slaggat in South Circular-straat reggemaak.

Priscilla Neethling, ‘n werknemer by een van die ondernemings in dié straat, sê hulle is verskriklik bly. Al is die slaggat slegs tydelik rybaar gemaak deur klippe wat daarin gegooi is, sal daar nou weer motoriste kan ry sonder om moontlike skade op hul motors op te doen.

Foto: Sol Plaatje-munisipaliteit se werkers vul die slaggat met klippe op.