KIMBERLEY – Monty Dumond, bekende rugbyspeler wat vir spanne soos die Sharks, Griekwas en die Kings gespeel het, hou vanmiddag ‘n skopskool by Vleissentraal Park in Kimberley. Hy gaan leerlinge van verskeie skole in Kimberley leer van ‘n doelskop, ‘n lynskop, ‘n afskop en vele meer.
Inskrywingsgeld is R250-00 per persoon en persone kan steeds inskryf.
Die o/7 tot o/13-groep begin om 15:00, die o/14 tot o/16-groep begin om 16:10 en die o/18 tot senior-groep begin om 17:20.
Skakel vir Carlo Grebe by 082 394 1305 vir meer inligting.
FiND iT gaan om 17:15 ‘n live onderhoud met Dumond voer.
Hou hierdie spasie dop!



