Water lek steeds in Cassandra

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Waterlek in Ernest Oppenheimerstraat, Cassandra, is steeds nie herstel nie.

Frans Albert Fleischack, ’n inwoner van die gebied, sê die probleem kom al van 2019 af en is al menige male aan die munisipaliteit gerapporteer.

FiND IT het navraag by Sello Matsi, woordvoerder van die Sol Plaatje –munisipaliteit gedoen, maar wag nog vir terugvoer.