Vuurwapen vanuit polisievoertuig gesteel

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie ondersoek ’n saak waar ’n vuurwapen vermoedelik uit ’n polisievoertuig in Mosselbaai gesteel is.

Daar is vermoedelik ’n 9mm Vector Z88-pistool en 15 rondtes ammunisie Vrydag 28 Februarie uit die polisievoertuig op Kwanonqaba gesteel.

Die polisiebeampte het ’n saak van diefstal aanhangig gemaak.

Bron: Algoa FM