Mobifix – Beste diens binne 24 uur

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Het jy al jou foon by Mobifix laat herstel? Het jy geweet hulle neem slegs 24 uur om jou foon te herstel?

Mobifix is op 1 Junie 2016 geopen en Ruan Stander (25) vennoot en tegnikus, streef daarna om die beste diens moontlik vir sy kliënte te bied.

Verloor nie data nie

Mobifix beloof om hulle beste te doen om te verseker dat jy nie die data op jou foon verloor nie. Data soos foto’s en telefoonnommers word gewoonlik afgevee wanneer jy jou foon vir herstelwerk in neem. Dit is nie die geval by Mobifix nie. Hulle doen alles om te voorkom dat jy jou data verloor.

24 uur diens

Mobifix beloof om die beste diens binne 24 uur te lewer. Hulle algemene omsettyd is 24 uur, behalwe as jy foon se onderdeel nie in voorraad is nie.

Optel- en aflaaidiens

Mobifix tel ook gratis jou foon in Kimberley op en laai dit af na herstelwerk gedoen is.

Kliënte is tevrede

Ella Wentzel sê: “My ondervinding met Mobifix kan opgesom word in een woord, Fantasties! Ruan het uit sy pad gegaan om my te help met my verloofde se foon, en binne twee ure het ons die foon teruggekry en dit lyk en werk  soos ’n splinternuwe foon.”

Michelle Roann Leemans sê: “My Samsung S10e se skerm het baie sleg gebreek. Mobifix het die selfoon by die huis kom haal en weer kom aflaai ook. Ek dink nie mens kry beter diens as dit nie! Ons het regtig uitstekende diens vanaf Mobifix ontvang! Flink en vinnig en dan wat ’n bonus om ’n screen protector en ’n selfoon cover saam te kry as jy jou foon weer terugontvang. Julle is tops en ek beveel julle graag aan! Dankie.”

Elsie Boucher, wat al drie keer tablets by Mobifix laat regmaak het, sê: “Hy werk 100 persent en sy werk is uitstekend!”

Jy kan vir Ruan skakel by 083 325 0577 of besoek hulle Facebook-bladsy by https://www.facebook.com/MobifixKimberley/?ref=br_rs