11-Jarige verloor arm

Deel hierdie storie / Share this story

HARTBEESPOORTDAM – Clarissa van Staden was op 15 Februarie saam met haar familie op ’n motorboot op die Hartbeespoortdam toe sy haar arm in ’n ongeluk verloor het.

Die motorboot het na verwagting ’n groot boomstomp onder die water getref. Almal, behalwe Clarissa se boetie is van die motorboot afgeslinger.

Blykbaar het die motorboot se skroef Clarissa se linkerarm getref en haar arm net onder die skouer afgeruk.

Bron en foto: Maroela Media