Koffie-likeur – Resep

Deel hierdie storie / Share this story

Probeer gerus hierdie vinnige en maklike resep vir koffie-likeur.

• 750 ml water
• 6 koppies suiker
• 30 ml vanielje-geursel
• ¾ koppie goeie kwaliteit koffiepoeier
• 750 ml cane of wit rum

Gooi die water en suiker in ’n pot en verhit die mengsel. Roer tot al die suiker opgelos is. Voeg dan die vanielje-geursel by. Roer die koffiepoeier stelselmatig by en hou aan roer tot dit kook. Verwyder die pot van die hitte en gooi dan die alkohol by. Laat dit afkoel en bottel dit nes jy dit verkies.

So maklik soos dit!