‘Wees kreatief en bou ’n monument’

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Inwoners van Roodepan is daagliks omgekrap oor dienslewering in hul gebied. Water wat byna op elke straathoek uitborrel, teerpaaie wat uitmekaarval en onlangs reusagtige klippe wat na herstelwerk deur die munisipaliteit nie opgeruim word nie, is net van die tekortkominge in hierdie gebied. Die laasgenoemde is op 26 Februarie 2020 deur Sol Plaatje-munisipaliteit uitgesorteer.

Jeremy Ackerman, inwoner van Roodepan, sê op Sol-Plaatje-gemeenskapsforum se Facebook-blad die pad in Roodepan is reggemaak, maar die rommel is net so gelos. Toe die munisipaliteit die rommel kom wegry het was Ackerman se woorde: “Ek bedank die munisipaliteit vir hul diens. Dankie dat die rommel weggery word.”

Gedurende die tyd toe die rommel nog ’n probleem was, het Nche Letlhogonolo, nog ’n inwoner, voorgestel om kreatief te wees. “Wees kreatief met die spul klippe wat daar rondlê. Bou ’n monument daarmee.”