Afknouery kan almal beïnvloed – diegene wat geboelie word, diegene wat boelie, en diegene wat getuie van afknouery is. Daar is baie verskillende soorte afknouery wat deur kinders sowel as volwassenes ervaar kan word. Sommige is baie voor die hand liggend, terwyl ander meer subtiel kan wees.
Wat is boelies en afknouery?
- Afknouery is ’n voortdurende en doelbewuste magsmisbruik in verhoudings deur herhaalde fisieke, verbale en of sosiale gedrag wat bedoel is om sosiale, fisieke en of sielkundige skade te berokken.
- Dit kan ’n individu of ‘n groep wees wat hul mag misbruik, of gewaande mag, oor een of meer persone wat voel hulle is nie in staat om dit te voorkom nie.
- Afknouery kan persoonlik of aanlyn plaasvind. Aanlyn afknouery kan op verskillende digitale platforms en toestelle plaasvind. Dit kan voor die hand liggend (openlik) of in die geheim plaasvind. Boeliegedrag word met verloop van tyd herhaal of kan herhaal word.
Verskillende soorte afknouery
Fisiese afknouery: Dit sluit in slaan, skop, knyp, trap en stamp of beskadig van eiendom. Fisiese afknouery veroorsaak kort en langtermyn skade.
Verbale afknouery: Dit sluit in name noem, terg, beledigings, intimidasie, rassistiese of homofobiese opmerkings maak. Terwyl verbale afknouery onskadelik kan begin, kan dit styg tot vlakke waar dit die individu wat teiken word, begin beïnvloed.
Sosiale afknouery: Sosiale afknouery, waarna verwys word as geheime afknouery, is moeiliker om te identifiseer en kan uitgevoer word sonder die wete van die geteikende persoon. Die bedoeling daarvan is om vernedering te veroorsaak en-of om iemand se sosiale reputasie te benadeel. Sosiale afknouery kan die volgende insluit:
- Verspreiding van leuens.
- Nare grappe om iemand in die verleentheid te stel en te verneder
- Moedig ander aan om iemand sosiaal uit te sluit.
Kuberafknouery: Opsetlike en herhaalde skade wat veroorsaak word deur die gebruik van rekenaars, telefone en ander elektroniese toestelle. Kuberafknouery kan die volgende insluit:
- Stuur van misbruikende of kwetsende boodskappe, e-pos, posstukke, prente of video’s.
- Sluit ander doelbewus aanlyn uit.
- Versprei nare skinderstories of gerugte.
- Nabootsing van ander aanlyn of die gebruik van hul aanmeldbesonderhede.
Seksuele afknouery: Skadelike, herhaalde en vernederende seksuele aksies teenoor ’n persoon. Seksuele afknouery sluit die volgende in:
- Seksuele name noem.
- Ru kommentaar lewe.
- Vulgêr gebare maak.
- Iemand sonder toestemming aanraak.
- Seksuele voorstelle maak.
- Pornografiese materiaal stuur.
Mees algemene vorme van afknouery is:
- Onder kinders.
- Onderwysers teenoor kinders.
- Ouers teenoor kinders.
- Onder werkskollegas.
- Wetstoepassingbeamptes teenoor lede van die gemeenskap.
- Rassistiese afknouery.
Persone wat geboelie word – Waarskuwingstekens:
- Onverklaarbare beserings.
- Moeilikheid met slaap of gereelde nagmerries.
- Klere, boeke, elektronika of juweliersware wat verlore raak of vernietig is.
- Gereelde hoofpyn of maagpyn, siekte of valse siektes.
- Verandering in eetgewoontes, soos om maaltye oor te slaan of om te veel te eet.
- Swak punte, verlies aan belangstelling in skoolwerk of om nie skool toe te wil gaan nie.
- Skielike verlies aan vriende of probeer sosiale situasies te vermy.
- Gevoelens van hulpeloosheid of lae selfbeeld.
- Selfvernietigende gedrag soos om van die huis af weg te hardloop, hulself te beseer of om oor selfdood te praat.
Individue wat ander boelie – Waarskuwingstekens:
- Toenemend aggressief.
- Raak betrokke by fisiese of mondelikse gevegte.
- Blameer ander vir hul probleme.
- Het vriende wat ander boelie.
- Het onverklaarbare ekstra geld om nuwe toestelle, speelgoed of items te koop.
- Is mededingend en sensitief oor hul reputasie of gewildheid.
- Aanvaar nie verantwoordelikheid vir hul optrede nie.
Dit is belangrik om afknouery ernstig op te neem en dit nie te ignoreer nie. Soek hulp van relevante gesagsfigure of professionele persone. Die blootstelling van die boelie is die beste manier om boelies te hanteer. Glo jou kind en wees op die uitkyk vir enige waarskuwingstekens. As jy die situasie net so los, sal die afknouery erger word, en dit sal moeiliker wees om uit die situasie te ontsnap.



